Ons Storie

Johan het een naweek gaan kuier op ‘n lemoenplaas en die vars reuk van sitrus wat in die lug hang het hom geinspireer om die reuk vas te vang in ‘n bottel. Hy het dadelik aan die werk gespring en gevestigde parfuum besighede gaan besoek om als te leer van hoe die proses werk. Deur intensiewe opleiding en ‘n passie vir parfuum het die eerste parfuum; Sitrusboer tot stand gebring. Diep en egte Suid-Afrikaanse geure wat die neus prikkel was die voorvereiste. Daarna is die parfuum Beesboer gebore… ja soos jy kan verwag, ‘n kuier by ‘n beesboer het die parfuum geinspireer.

Beide parfume se olies is van die beste gehalte en omdat die parfume meer as 20% olies bevat, is beide geskik om as Eau De Parfum te verkoop.

Boerseun Kosmetiese Produkte is ‘n dinamiese plaaslike besigheid wat tans handel in die vervaardiging en verkoop van Eau De Parfum vir mans. Ons fokus is om Boerseun parfuum en handelsware aantreklik te maak vir die tipiese Suid-Afrikaanse man. Die besigheid word bedryf vanaf Krugersdorp in die Wesrand van Johannesburg.

Johan

Stigter van Boerseun, Johan is 'n man met baie waardering vir die unieke reuke en geure van Suid - Afrika. Hy beskou parfuum as 'n kuns. 'n Kuns wat jou terugneem na 'n plek of tyd wat jy lief het.

Hendrik

Hendrik is 'n gevestige besigheids man wat groot geword het in die Swartruggens area. Sy oupa was 'n boer en as kind het Hendrik sy naweke en skool vakansie saam sy oupa op die plaas spandeer. Sy liefde vir die plaas lewe word vandag in Boerseun in geploeg en lê die handelsmerk hom baie na aan die hart.

Natasja

Direkteur en mede einenaar van Boerseun, Natasja is die daaglikse leiding en bestuur van Boerseun. Sy is passievol oor ons taal en ons kultuur en opgewonde om Boerseun as 'n bekende handelsmerk te vestig vir ons mede-entoesiaste.

Melissa

Melissa is verantwoordelik vir die bestuur van die onderneming se bemarkingsinisiatiewe sowel as verkope vir herverkoping. Passievol oor Boerseun en die handelsmerk se vestiging.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na Winkel